Liefielyf

INSTAGRAM @liefie_lyf

Liefielyf het begin toe ek self wat ‘n mamma is gesukkel het om mooi moderne spoegdoeke te kry. Ek het toe besluit om lap waarvan ek hou te gan koop en weg te spring om mooi spoegdoeke vir my seuntjie te maak.

Toe ek die eerste post op Instagram post het die bestellings ingestroom en ek was so so dankbaar daarvoor. Ek dink die nuwe mammas van vandag soek modern en mooi goedjies om by hulleself ook te pas en nie net vir die babatjie nie.

Die spoegdoeke het handdoekstof aan die eenkant en dan ‘n mooi kleurige lap aan die ander kant.

Dis die perfekte grootte om ook oor jou skouer te hang wanneer jy babatjie vashou.